Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 21 JULIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met die nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Steve Schmidt, ex-ZS6AWH, 79 jaar oud, op 14 Junie 2019 in die Pretoria Oos-hospitaal stil geword het. Hy was vir lank 'n lid van die Pretoria ARK.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, Maureen, dogter Liesel, familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

DIE IARU VERTEENWOORDIG AMATEUR RADIO BY CEPT VERGADERINGS

en

AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM 2020

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS2 Naelloop is vanmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op die lug met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands afkorting. Logstate in die ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat en gemerk "my roepsein ZS2 Naelloop," moet die Kompetisie komitee bereik teen Sondag 28 Julie 2019 op e-pos zs2ec01@gmail.com. Die volledige stel reëls is op bladsy 56 van die 2019 Blou Boek, die logstate is beskikbaar vanaf die Kompetisie Bladsy op die Liga-webblad.

DIE IARU VERTEENWOORDIG AMATEUR RADIO BY CEPT VERGADERINGS

Internasionale Amateur Radio Unie Streek 1 berig dat 'n verdere vergadering om die onderwerp van ‘Wireless Power Transmission’ (WPT) aan te spreek, vroeër hierdie maand plaasgevind het. 'n Subgroep van die Europese Konferensie van Pos en Telekommunikasie Administrasies (CEPT) Komitee SE24, besig met werk oor 'n verslag oor generiese WPT toestelle, het vroeg in Julie in Kopenhagen, Denemarke, vergader. IARU Streek 1 President Don Beattie, G3BJ, het insette gelewer oor projeksies van skadelike emissies van WPT-stelsels, beide generiese en WPT vir elektriese voertuie, wat werk teen bestaande harmoniese emissie grense.

Die IARU het ook gerapporteer oor toetse wat uitgevoer is op klein WPT-toestelle en 'n volledige verslag moet by die volgende vergadering in September oorweeg word. Die IARU gaan voort om te stry vir strenger emissie perke op harmoniese en ander onjuiste uitlatings van WPT-stelsels, wat die potensiaal kan hê om volgehoue skadelike inmenging vir gevestigde radio dienste te veroorsaak. Die IARU was ook verteenwoordig tydens 'n onlangse vergadering in Switserland van die CEPT-projekspan D. Dit was die laaste van die CEPT-projekspan byeenkomste vir die voorbereiding van Europese Gemeenskaplike Voorstelle (ECP) vir 'n aantal agenda items vir die Wêreld Radiokommunikasie Konferensie 2019 (WRC-19 ) in Oktober in Egipte.

WRC-19 agendapunt 1.1, wat die moontlikheid van 'n "geharmoniseerde" Streek 1-toekenning op 50 MHz aanspreek, was die sleutel kwessie wat opgelos moet word. Die projekspan het ooreengekom oor die teks van 'n ECP vir WRC-19, wat, indien deur die afgevaardigdes aangeneem word, 'n inskrywing in die Internasionale Tabel van Toekennings vir Streek 1 sal sien en sekondêre 50 - 52 MHz aan Amateur Radio toeken. Daarbenewens het die span ooreengekom dat 'n voetnota by die Internasionale Tabel gevoeg word om individuele CEPT-lande toe te laat om 'n nasionale primêre toekenning in die 50,0 - 50,5 MHz-sub-band in te voer.

Die IARU sal aan die einde van Augustus die finale vergadering van die CEPT se Konferensie Voorbereidende Groep (CPG) bywoon en die CEPT se insette tot WRC-19 finaliseer. Daardie vergadering sal ook 'n voorstel van Frankryk oorweeg om op 'n primêre basis 144-146 MHz aan die Lugvaart dienste toe te ken.

VAKATURE IN DIE NUUSSPAN

Die SARL-Nuuspan verwelkom Paul Johnson, ZS1S by die span. Die span het nog vakatures vir 'n Bulletin-samesteller/redakteur, 'n Engelse en 'n Afrikaanse proefleser. As jy by die Nuusspan wil aansluit, kontak Dennis by zs4bs@netactive.co.za of Anette, ZR6D by jhjacobsza@gmail.com.

KLETSKOOS EN AFRICUBE MAAK GOEIE VORDERING

Kletskous en AfriCUBE, AMSAT SA se twee CubeSat-projekte, maak goeie vordering. Die ruimte raam en die ontwerp vir die ontplooiing van die antenna en die sonpaneel is goedgekeur tydens die projek vergadering wat verlede Saterdag gehou is. Die elektroniese kragstelsel en magnetiese stabilisator is voltooi. Hierdie week is die nuwe multi-laag gedrukte stroombaanborde vir die transponder ontvang. Die PCB's is vervaardig en geborg deur Trax Interconnect in hul moderne fabriek in Kaapstad. AMSAT SA beplan om Kletskous te vlieg op die volgende Secunda Amateurradioklub BACAR vlug wat geskeduleer is vir 12 Oktober. 'n Voorvlug Kletskous-integrasie vergadering sal vroeg in September gehou word.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM 2020

AMSATSA sal sy 2020 Ruimte Simposium in Midrand op Saterdag 18 Julie 2020 hou. Gauteng Klubs word versoek om na die datum op te let en by te voeg tot hul program vir 2020. Meer besonderhede en die eerste oproep vir referate sal in die volgende twee weke bekend gemaak word.

ZS50MOON AKTIEF VAN 20 TOT 31 JULIE

Op Sondag 20 Julie 1969 het meer as 500 miljoen mense regoor die wêreld geluister en gekyk met opwinding toe Neil Armstrong en Buzz Aldrin hul eerste stappe op die Maan se oppervlak geneem het. Om hierdie spesiale gebeurtenis te herdenk, sal daar op verskeie tye tussen 20 tot 31 Julie 'n spesiale geleentheid stasie op die lug wees via verskeie satelliete (Oscar 100, AO-91, AO-92, SO-50 en moontlik meer) as ZS50MOON. Hierdie roepsein sal gedurende hierdie tydperk deur verskeie radio amateurs beman word. Kyk na die twitter voer vir opdaterring wanneer die stasie aktief sal wees https://twitter.com/zs50moon. Indien enige Suid-Afrikaanse radio amateur gedurende die tydperk as ZS50MOON wil aktief wees, of vir enige navrae of elektroniese QSL-kaart versoeke, kontak asseblief vir Tom, ZR6TG by e-pos by tvdbon+zs50moon@gmail.com

KOMPETISIE UITSLAE

Die Kompetisie Komitee het nege logstate ontvang vir die SARL Newbie Kompetisie wat op 6 Julie 2019 gehou is.

1ste Wicus Ross, ZS1WWW - 210 punte
2de Marie Grobbelaar, ZS4MG - 135 punte
3de Nickus de Vos, ZR6JN - 130 punte

KLUB NUUS

Die Magalies Radioamateurklub bied 'n opleidingskursus aan vir die Oktober RAE. Die klasse begin om 08:30 SAT op Saterdag 27 Julie by die Magalies Klubhuis op die hoek van Bryer en Mills Lane, Waverley, Pretoria. Volledige besonderhede is beskikbaar op die Klub se webwerf by www.zs6mrk.org.

Die Wesrand Amateurradioklub het sy algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 13 Julie 2019. Die volgende komitee is verkies.
Voorsitter: Geoff Levey, ZS6C
Onder Voorsitter: Nic van Duffelen, ZR6AEZ
Sekretaris: Phillip van Tonder, ZS6PVT
Tesourier: Gert du Plessis, ZR6GRT
Lede: Stephen Reynolds, ZS6SJR; Anthony Rouquette, ZS6ANT; Glen Andrew, ZS6GGA; Beverley van Tonder, ZR6BVT en Shane Clarke, ZS6SC
Gekoöpteerde lede: Willem Weideman, ZS6X; Nick Dreyer, ZS1N en Keith Liddle, ZS6AGF

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die ZS2 Naelloop
24 Julie – die sluitingsdatum vir 80 m Klub Naelloop logstate
25 Julie - die sluitingsdatum vir die Augustus Radio ZS
27 en 28 Julie - die RSGB-eilande op die lug kompetisie
29 Julie - die sluitingsdatum vir logstate vir die RaDAR-uitdaging, die QRP en ZS2 naelloop
3 Aug - die Pretoria ARK snuffelmark
4 Aug - die SARL HF Foon Kompetisie
9 Aug - die SARL JD Naelloop
10 Aug - Die SARL Jeug Naelloop
17 en 18 Aug - die Internasionale Vuurtoring en Ligskip Naweek
18 Aug - die SARL HF Digitale Kompetisie
25 Aug - die SARL HF Gelykgolf Kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die ZS2 Naelloop is vanmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op die lug met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands afkorting. Die volledige stel reëls is op bladsy 56 van die 2019 Blou Boek, die logstate is beskikbaar vanaf die Kompetisie Bladsy op die Liga-webblad.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas met vergunning van Andy, ZS6ADY. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003